Verteenwoordigers van Suidlanders, AWB en Kommandokorps 

SAAMSTAAN VERDRAG

OOREENKOMS AAN GEGAAN TUSSEN
DIE AFRIKANER WEERSTANDS BEWEGING
DIE KOMMANDOKORPS EN DIE SUIDLANDERS

BOGENOEMDE ORGANISASIES GAAN ‘N SAAMSTAAN VERDRAG AAN
(HIERNA GENOEM: "DIE VERDRAG") T.O.V DIE VEILIGHEID
VAN DIE BOERE-AFRIKANERVOLK

DIE VOLGENDE AKSIES SAL GELOODS WORD:


1. DIE VERDRAG SAL ‘N KOÖRDINERENDE OF UITVOERENDE RAAD VESTIG OM AKSIES TUSSEN DIE ORGANISASIES TE KOÖRDINEER.

2. DIE VERDRAG SAL ‘N ADVIESRAAD VESTIG OM KUNDIGE ADVIES IN TE WIN, DIT TE VERWERK EN DAN `N AANBEVELING AAN DIE UITVOERENDE RAAD TE MAAK, WAARNA DIE RELEVANTE INSTRUKSIES GEGEE SAL WORD TER UITVOER|NG.

3. DIE VERDRAG SAL BESTAANDE NOODPLANNE EVALUEER EN DIE MEES TOEPASLIKE EIENSKAPPE KOMBINEER TEN EINDE DIE FINALE PLAN DAAR TE STEL.

4. DIE VERDRAG SAL ‘N NASIONALE EN INTERNASIONALE KOMMUNIKASIE-NETWERK VESTIG.

5. DIE VERDRAG SAL ‘N NASIONALE VEILIGHEIDS-BAROMETER INSTEL, WAT GESAMENTLIK BEHEER EN OP DATUM GEHOU SAL WORD.

6. DIE VERDRAG GAAN DIE WREEDHEID WAARMEE PLAASMOORDE GEPAARDGAAN, INTERNASIONAAL RUGBAAR MAAK.

7. ELKE ORGANISASIE BINNE DIE VERDRAG BEHOU SY EIE IDENTITEIT EN SAL STEEDS SPESIALISEER OP SY BEPAALDE SPESIALIS-TERREINE.

8. DIE VERDRAG BESKOU WEERBAARHEIDSOPLEIDING AS PRIORITEITS OPLEIDING WAT OP ‘N NASIONALE VLAK AAN ONS MENSE GEGEE MOET WORD, TEN EINDE DIE VOLKSMOORD TE BEPERK.

9. IN NEDERIGE ERKENTLIKHEID BELY ONS, ONS AFHANKLIKHEID VAN ONS HEMELSE VADER OM ONS AS LEIDSMAN BINNE SY RAADSPLAN TE LEI TOT VOLLE SOEWEREINITEIT IN ONS EIE GRONDGEBIED. HOOG ORANJE, BLANJE, BLOU ... DlE VIERKLEUR SAL WEER WAPPER!!


GETEKEN DEUR VERTEENWOORDIGERS VAN DIE KOMMANDOKORPS, SUIDLANDERS EN AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING
OP 16 AUGUSTUS 2011

 
Die Saamstaan Verdrag

an image

 

17Augustus 2011

 

Wat het pa bedoel toe pa uit volle bors gesing het: “Dat die erwe van ons vaad're vir ans kinders erwe bly."

Wat het pa met my land gedoen? Het pa dan niks gedoen nie? Of kan pa nie meer onthou van die vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe vermoor is nie? Of het pa vergeet waarom hulle dood is?

Pa, ons Vader het vir jou ‘n land gegee waar ons volk homself regeer. Wat gee pa vir my - kommunisme?

Pa, jy mag ons geskiedenis nooit vergeet nie, want dan verloor ons ons idendtiteit, ons eie toekoms en ons verlede. Dit lyk my pa wil my vertel dat ek die verlede moet vergeet en weggooi.

Dit is baie maklik vir 'n groodmens om 'n kind aan sy lot oor te laat. Pa het die voorreg gehad om tussen pa se eie mense op die skoolbanke te sit en deur pa se eie mense onderrig te word. Wat gee pa vir my?

Mag ons vergeet, pa? Mag ons die stryd van ons voorouers in die wind gooi?

Nooit, pa, nooit! Ek wil my land hê wat by Bloedrivier afgebid is!

Ek sal veg pa, in die stryd sodat ek eendag vir my kinders kan sê: "Hier is vir jou 'n land wat God beloof het waarvoor ek gestry en geveg het - wat my pa vir my in chaos gelos het." Dan sal ek uit volle bors kan sing: "Kent gij dat volk vol heldenmoed ..." - en ek sal nooit, nooit vergeet nie!

Mag die Boervolk nooit sterf nie, want die Boerevolk sal nie sterf as ons daarvoor veg nie.

an image

 

17Augustus 2011

 

 

“Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas is na links”

Pred: 10: 2 (1953 vertaling)

 

Kyk mens terug oor die geskiedenis van die wit man in Suid Afrika sedert die sogenaamde hervormingsbeleid beslag gekry het, kan jy nie anders as om die Bybelse waarheid opnuut te bewonder nie. Die praktiese werklikheid spreek vanself, en ‘n mens staan verstom by die wete dat mense so mislei kon word deur die slinkse liberale politici, en hulself laat bang praat het vir sanksies en boikotte vanaf die internasionale geldwêreld aan die een kant, en die swart gevaar vanuit Afrika aan die ander kant, terwyl die R.S.A. op daardie stadium beskik het oor die sterkste weermag in Afrika, sowel as die grootste ekonomie, met ‘n eerstewêreldse infrastruktuur. Ons mediese prestasies het die wêreld verstom en vanaf die ingenieurswese het Sasol die wêreld gaande gehad. Voorwaar genoeg om op trots te wees.

 

Aan die ander kant het hulle wat vandag oor ons regeer ook hul prestasies opgelewer. In ‘n rekordtyd het hul die infrastruktuur vernietig, die land bankrot gesteel, ‘n wêreldrekord opgestel wat moord en verkragting betref en hul spog met die hoogste misdaadsyfer ter wêreld. Hul handel potensiaal is net so merkwaardig as mens in ag neem dat hul in ‘n relatief kort tyd die dwelm en ivoor smokkel mekka geword het. Hoe vars in die geheue lê die herinnering van die wonderlike nuwe Christene wat in die nuwe Suid-Afrika aan ons toegevoeg gaan word, aldus Pres. F. W. de Klerk en sy meelopers. Het ene Pres. Zuma dan nie onlangs uitdagend uitgeroep dat hy “sal regeer tot Jesus kom” - helaas, die dwaas se hart is na links.

 

Wat is vandag in Suid Afrika aan’t gebeur met die Blankedom?

 

‘n Al dieperworderdende kloof tussen “regs” en “links”- liberalis en behoudende Christen gelowige word sigbaar. Aan links liberale kant gaan hul op in die reënboog-sisteem van losbandigheid. Selfs die professore aan Tuks kweekskool van die NG Kerk maak die Christus evangelie af as ‘n mite en ‘n fabel. Die maagd Maria, aldus hul leerstellings, was 'n hoer wat deur ‘n Romeinse soldaat swanger gemaak is. Christus was dus ‘n buite egtelike kind wat sonder ‘n pa moes groot word, en by gebrek aan ‘n vaderfiguur het Hy God as Sy vader gevisualiseer. Die siek liberale sotterny floreer op televisie waar God ydellik gelaster word, en veelrassigheid die “in ding” is, in hul programme van hoerery en hebsug. In staatskole word hul kinders blootgestel aan veelgodery, wat die God van die Bybel gelyk stel aan die Moslem die Boedis en die Afrika voorvader geeste.

 

Aan regsbehoudende Christen kant daarenteen, bemerk mens ‘n al groter wordende behoefte tot Verootmoediging voor God, en ‘n terugkeer na die fondamente wat gelê is deur ons voorouers, gegrond op Geloftes met die Lewende God. ‘n Al sterker drang tot selfbeskikking in ‘n eie soewereine volkstaat herinner aan die Bybelse opdrag “Gaan uit hulle uit My volk”

 

‘n Volksverkiesing wat gereël word deur die Volksraad Verkiesing Kommissie (V.V.K) onder leiding van Adv. Paul Kruger van Pretoria, is ver gevorder en sal landwyd plaasvind teen einde September vanjaar, waarna soewereiniteit by die ANC regering geëis sal word ingevolge die bepalings van die Internasionale Reg wat wêreldwyd geld. Hiermee gepaardgaande lê ‘n nuwe konsep Gelofte met die God van die Bybel reeds ter tafel vir debattering. Die Boervolk het duidelik genoeg gehad van die nuwe liberale linkse utopia van misdaad en Godslastering.

 

OPSOMMEND:

 

Die “linkse dwaas” is tuis by sy god, die satan. Die regse behoudende Christen bekeer hom tot die Lewende God van sy Geloftes. Die skeiding is onomkeerbaar.

 

 

an image

 

4 Augustus 2011

 

Geagte Volksgenoot

Die dringende behoefte vir volksverootmoediging en ‘n nuwe Gelofte is reeds wyd onder ons volk waarneembaar en alreeds deur die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) op ‘n Generale Staf-vergadering gedurende Mei 2011 algemeen aanvaar.

Aksie-Volksoorlewing steun hierdie twee beweegrigtings en het reeds in 2008 landswye verootmoedigingsaksies geloods en ‘n konsep Gelofte, wat 'n skuldbelydenis/verootmoediging insluit, saamgestel. (Soos onder aangedui).

Let Wel: Hierdie gelofte is nie bedoel om enige vorige geloftes te vervang nie, maar eerder daarop uit te brei.

Aangesien die besluit om sodanige Gelofte af te lê 'n gewigtige besluit is wat geneem moet word en wat bindend sal wees op uself en u nageslag en waartoe ons wat hieraan deelneem, ons onherroeplik voor God sal verbind, word u versoek om uself daagliks voor Hom te verootmoedig en ernstig oor hierdie saak te bid en ook mede huis/volksgenote daartoe op te roep om dieselfde te doen.

Ons wil dit ook weereens beklemtoon dat by die oorweging om sodanige Gelofte af te lê, slegs die eer van Sy Naam ter sprake is, en dat dit geensins as 'n onderhandeling met Hom om redding uit moeilike omstandighede gesien moet word nie. Ons Vader vra 'n lewe van ootmoed, ongeag onder verdrukking of vry in 'n eie vaderland.

Die teikendatum vir die aflê van die Gelofte is Sept/Okt. 2011 en sal plaasvind tydens ‘n massa volksverootmoedigingsbyeenkoms.

Vir enige navrae, insette of voorgestelde wysigings, stuur 'n e-pos aan inligting@volksoorlewing.co.za of mtb@telkomsa.net.

Vriendelike volksgroete.

Aksie-Volksoorlewing


VOORGESTELDE GELOFTE

Onse God, groot, magtige en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en U gebooie onderhou, in diepe ootmoed erken ons as Geloftevolk dat ons toegelaat het dat ons en ons kinders van U, die die God van ons vadere, se insettinge vervreemd geraak het deurdat ons goddelose idiologië en praktyke nagejaag het waardeur ons toegelaat het dat satan ons mislei en die oormag oor ons kry en

 

· ons losbandig begin lewe het,
· afgodery ingestel en bedryf het en
· ons geloftes van Van Riebeeck, Bloedrivier en Paardekraal aan U versaak het.

 

Met die diepe besef van die ongeregtighede van ons vaders, ons eie sondes en die groot benoudheid waarin ons verkeer weens vreemde oorheersing, weet ons dat ons verlore is en in eie krag nie kan en wil voortgaan nie. Ons as volk pleit in die naam van Jesus om vergifnis vir ons oortredinge.

Ons onderneem om onder U Hand van beskerming:

 

· ons te bekeer en terug te keer na U, die Woord van die lewe;
· na die beste van ons vermoë binne ons sondige natuur U insettinge, verordeninge en gebooie te sal eerbiedig en na te kom en
· ons bestaande geloftes aan U na te kom.

 

Ons wil ook met U 'n heilige verbond oprig, nl. dat as U in U groot almag weer die regeermag oor ons vaderland aan ons sal terug gee, ons in ons wetgewing sal toesien dat:

1. Godsdienste anders as die ware Christus Evangelie verbied sal word.
2. In opvoeding van ons kinders, slegs Christelike Volkseie Onderwys sal geld.
3. Die moedswillige ontheiliging van die Sabbatdag teengewerk sal word.
4. Ons homoseksualisme, prostitusie, aborsie en aanverwante dade en instansies sal verbied.
5. Ons dobbelary van enige aard en loterye sal verbied.
6. Ons huwelike oor kleurgrense heen sal verbied.
7. Ons die dag en datum van oorwinning oor die vyand waarop ons die regeermag weer ontvang elke jaar as ‘n dankdag, soos ‘n sabbat, sal deurbring en ook aan ons kinders sal vertel dat hulle daarin met ons moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte deur die roem en die eer van die oorwinning aan U te gee.

SO HELP ONS GOD ALMAGTIG.

 

an image

 

18 Julie 2011

 

Die moordverhoor teen die beskuldigdes van Wyle AWB Leier Eugene Terre'Blanche is geskeduleer vanaf 10 tot 25 Oktober 2011

an image

 

'n DVD van van Wyle AWB Leier Eugene Terre'Blanche
se laaste publieke toespraak wat opgeneem is is nou ook
beskikbaar. Kontak Hoofkantoor vir meer inligting.

15 Julie 2011

 

Daar is 'n verskeidenheid Winkel items beskikbaar!

Lapelwapens
AWB Vlae
Vierkleur Vlae
en vele meer

Kontak Hoofkantoor vir meer besonderhede

an image

Bors Beelde

´n Unieke bors beeld van Wyle AWB Leier Eugene Terre'Blanche.

Daar is nog klein Beeldjies beskikbaar - 18cm hoog teen R300.00 elk.(dit sluit posgeld uit)

Voorraad is beperk en is slegs beskikbaar deur die AWB Hoofkantoor - Kontak besonderehede HIER
an image
an image

Begrafnis DVD

´n DVD van 'n hartseer dag in die Afrikaner geskiedines, maak seker jy kry jou kopie teen R100.00 elk (dit sluit posgeld uit)


Vir bestellings of meer inligting kontak

Voorraad is beperk en is slegs beskikbaar deur die AWB Hoofkantoor - Kontak besonderehede HIER

15 Maart 2011

an image

Daar is nou nog meer items beskikbaar in die winkel, ´n bors beeld van wyle Mnr Eugene Terre'Blanche is nou ook te koop, maar maak gou daar is slegs beperkte hoeveelhede beskikbaar, Ons voeg items by soos hulle beskikbaar word so loer gerus in van tyd tot tyd vir nuwe items en as daar iets is wat u benodig en dit is nog nie in die winkel nie, maak asb. gebruik van die kontak vorm HIER

20 Augustus 2010

an image

Die Winkel is nou Aktief, meer en meer items sal by gevoeg word soos hulle beskikbaar word, so loer gerus in van tyd tot tyd as daar iets is wat u benodig en dit is nog nie in die winkel nie, maak asb. gebruik van die kontak vorm HIER

18 Augustus 2010