Berig op Radio Pretoria - 29 Julie 2010
“ Die Afrikaner Weerstandsbeweging sê hulle het in beginsel geen probleem met die protesoptog wat gehou word om misnoë met plaasmoorde en die toestaan van borgtog aan die moordenaar van voormalige AWB-leier Eugene Terre'Blanche te toon nie.
Die organisasie se Uitvoerende Raad sê egter hulle kan nie toelaat dat AWB-lede hulle aan vervolging blootstel as gevolg van uitsprake van weerwraak, dreigemente en onregmatige optrede nie.
Die organisasie het gereageer op die protesoptog van mnr André Visagie, wat vir eerskomende Saterdag beplan word.
Die AWB het ook verwarring rondom die hoofleierskap opgeklaar rondom bewerings dat mnr Visagie die ou leier van die AWB was.
Die organisasie sê mnr Steyn van Ronge was al die jare onderleier en het as leier waargeneem wanneer die hoofleier Eugene Tere'Blanche nie beskikbaar was nie. Mnr Visagie was glo net die leier van die AWB se orkes. ”
Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) verklaar hiermee as volg:
Na aanleiding van die gerugte en sms´e wat die rondte doen dat die AWB hom distansieer van die protes optrede op Saterdag 31 Julie 2010 vanaf die Uniegeboue in Pretoria is die standpunt van die AWB die volgende:
In beginsel het die AWB geen probleem met die protes optog wat gehou sal word om misnoë uit te spreek aangaande die borgtog wat aan een van die beskuldigdes toegestaan is;
Dat die AWB alles in sy vermoë sal doen, en ook reeds besig is om reg en geregtigheid te laat geskied aangaande die moord op sy voormalige Leier Mnr. Eugene Terre'Blanche;
Die AWB met skok kennis geneem van die borg wat aan een van die beskuldigdes toegestaan is en alles in sy vermoë sal doen om die proses sover moontlik om te keer;
MAAR dat die AWB nie sal toelaat dat sy lede hulle moontlik aan vervolging gaan blootstel as gevolg van uitsprake van weerwraak, vergelding en onregmatige optrede deur dreigemente wat gemaak word en wat nie wel deurdag en realisties is, en wat nou in die openbaar gemaak word deur ´n onverantwoordelike persoon se uitsprake en oproepe;
Aldus distansieer die AWB en sy lede hulle van die optrede van Mnr. André Visagie op 31 Julie 2010.
Oplas van die Uitvoerende Raad van die AWB - 2010/07/28
Steyn van Ronge
(of Steyn von Ronge) was 20 jaar lank lid van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB) toe hy op 6 April 2010 benoem is as nuwe leier. Dit het gevolg op die moord op die vorige leier, Eugene Terre'Blanche, op 3 April 2010. Sy doelwitte is 'n sekuriteitsplan om boere te beskerm teen plaasaanvalle en die vestiging van 'n wit tuisland. Hy het voorheen waargeneem as leier van die AWB toe Terre'Blanche in die tronk was.
AWB Steyn het by die AWB aangesluit in 1983, gedurende die eerste referendum, aangesien hy nie saam met PW Botha se besluite gestem het nie en volgens von Ronge Suid-Afrika op die afdraande pad gaan stuur. Steyn vorder spoedig tot onderleier en voorsitter van die beweging.
AWB Leierskap Eugene Terre'Blanche het nie slegs die leierskap aan von Ronge beloof nie, maar ook aan Andre Visagie, die AWB sekretaris-generaal.
Andre was boos toe hy dit hoor, maar Van Ronge kon bewys lewer. 'n Faks, onderteken op 12 Maart 2010, met twee getuies waarin Eugene vra dat Van Ronge die leierskap oorneem tot hy van sy hartprosedure herstel, het bewys dat Van Ronge die regmatige leier van die AWB is.
Familie en studies Hy is 'n derde geslag boer in Suid-Vrystaat. Steyn is getroud met Cornelia von Ronge. Hy het twee dogters en 'n seun; een dogter is 'n mediese dokter en die ander kinders is studente.
Steyn het in 1972 matriek geslaag by Hoerskool Zastron. Gedurend sy dienspligjaar was hy by die Lugmag in Pretoria, waar hy 'n liggaamlike opvoeding instrukteur was. Hy het B.Comm studeer by Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) en toe sy klerkskap by 'n ouditeursfirms voltooi.
Agtergrond Van Ronge boer op die plaas Nooitgedacht in die Zastron-distrik, Suid-Vrystaat. Gedurende 1983 sterf sy pa, oom Ollie en moet Steyn Nooitgedacht toe trek. Die oorspronklike plan was dat hy 'n rekenmeesterspraktyk in Zastron open. Tant Snowball, Steyn se ma, het later dorp toe getrek.
In 1993 is hy gevonnis tot 'n boete van R2,000 of ses maande tronkstraf nadat hy twee swart lede van die Weermag, Mojalefu Ncamae en Thabo Matlalane, op sy plaas gewond het. Van Ronge het aangevoer dat sy plaas grens aan Transkei en dat daar 'n Apla-opleidingskamp in die omgewing was, van waar aanvalle in die verlede op boere geloods is.
Hy is lid van die Zastron-distrikboereunie, sekretaris van die Genadeberg-boerevereniging, sektorleier van Burgerlike Beskerming, voorsitter van die plaaswag en 'n kommandolid.
“Die AWB is Eugene Terre'Blanche en Eugene Terre'Blanche is die AWB, verstaan jy? ”
-Steyn von Ronge - gedurende onderhoud met Hanlie Retief

